Deur: Jou Buurman
#Skuld #Kredietkaart skuld
Skuld – Ongelukkig kan meeste van ons nie alles kontant koop nie (behalwe my vriend Harry en een of twee ander persone wat ek liewer nooit moes ontmoet nie) wat beteken ons gaan op die een of ander stadium 'n bank of instansie geld skuld vir eindom of 'n ten minste 'n voertuig se huurkoop.
Reel no. 1 – As dit enigsins moontlik is om vir iets te spaar en dit later kontant te koop, doen dit! Gaan bereken jou huis paaiement oor 20 jaar en trek dit van die oorspronklike kapitaal af om te sien hoeveel rente jy betaal. Dis eenvoudig belaglik en as jy dit kan vermy of verminder, doen dit!
Reel no. 2 – Selfs al kan jy net R50-00 ekstra per maand op jou verband betaal, doen dit! Vir die grootste deel van jou verband tydperk betaal jy net die rente af. Enige ekstra betaling op jou verband gaan onmiddelik van jou kapitale bedrag af wat 'n massiewe effek op jou totale verband het, omdat die rente juis jaarliks op die uitstaande kapitale bedrag bereken word. Klein maadelikse ekstra betalings kan jou verband met jare verminder!
Reel no.3 – Vermy kredietkaart skuld! Daar is niks (behalwe onwettige geld voorskieters en "Pawn Shops") waarop jy meer rente gaan betaal as op jou kredietkaart skuld nie. Betaal eerste jou krediet kaart skuld af en sluit die kaart toe vir absolute noodgevalle. Beter nog, sny die ding in klein stukkies op en vergeet dat jy dit ooit gehad het. Net soos dobbel is 'n kredietkaart 'n ongelooflike vesoeking wat jou een of ander tyd "iewers" gaan byt!
Reel no. 4 – Betaal jou skuld en as jy werklik nie in staat is om dit te doen nie, kontak die mense en maak 'n reeling en selfs belangriker, HOU BY DIE REELING! Die meerderheid finansieële instansies sal maar te bly wees om alternatiewe reelings aan te gaan eerder as om ekstra kostes aan te gaan om stappe te neem. Ek het hierdie fout gemaak en 'n duur en lang les geleer.
Reel no.5 – Myns insiens, seker die belangrikste. Moenie bo jou vermoëns leef nie! Die slegte nasmaak van onbetaalde verpligtinge en oproepe van skuldeisers oortref die kort goeie smaak van braaivleis by vèrre! Ons wil almal ons kinders bederf of ten minste gee wat ons ouers nie kon bekostig nie, maar dis juis hier waar jy 'n goeie fondasie vir jou kinders lê deur nee te sê wanneer jy iets nie kan bekostig nie. En om "in" te wees hou ongelukkig net solank as wat jou oortrokke fasiliteit hou. Leef met dit wat jy kan bekostig, omdat dit eintlik al is wat jy nodig het. Om jou siel vir status te verruil gaan die slegste transaksie van jou lewe wees! Hou dit ingedagte wanneer jy iemand onthaal. Ek het al baie lekker gekuier met mense wat elkeen iets klein verskaf, sonder dat dit die gasheer 'n fortuin kos. Probeer dit gerus en wanneer iemand sy neus hiervoor optrek, weet jy waarheen om hom/haar te stuur nè?
Reel no.6 – Moet onder geen omstandighede jou voertuig vrywilliglik aan die bank oorhandig indien jy in die verband genader word nie. Al wat gaan gebeur is dat die bank jou voertuig op 'n veiling vir 'n belaglike bedrag gaan verkoop en jy steeds verantwoordelik gaan bly vir die uitstaande bedrag! Al dreig hulle jou met wat ookal, indien hulle nie met 'n lasbrief wat die terugneem van jou voertuig afdwing, by jou aankom nie, oorhandig jy GLAD NIE jou voertuig aan niemand nie! Geen Magistraat of Regter sal 'n lasbrief uitreik mits jy geen betalings vir 'n paar maande gamaak het nie! Betaal 'n gedeelte van jou paaiement as dit al is wat jy kan bekostig, maar betaal iets – sodoende wys dit vir die hof dat jy ten minste probeer en nie net tou opgooi nie.
Beplan – Ek sien daagliks al meer bejaardes wat op straat hoeke staan en bedel. Dit maak my naar om te dink hierdie ou mense is afhanklik van ander se kleingeld. So afhanklik dat hulle soms in die skroeiende son of yskoue weer sal staan en bedel, sodat hulle iets kan koop om te eet. Ek gee nie om hoe moeilik dit is nie, jy moet geld wegsit, want jy gaan 'n punt bereik waar jy nie meer kan werk nie en die laaste ding wat jy op daardie stadium gaan begeer is om afhanklik van iemand te wees. Moet asseblief nie vir een oomblik glo die staat gee 'n flenter nie, want met daardie geldjie gaan jy nie eers jou water oor 10 jaar kan bekostig nie. Sit geld weg of belê dit in een iets wat goeie opbrengste lewer of 'n gewaarborgde, deurlopende inkomste lewer bv. verhuurde eindom.
Soek werk met die doel om werk te kry – Indien jy een van die 50% werklose persone in ons land is, gaan soek werk sonder om kieskeurig te wees. Daar is baie werk beskikbaar vir mense wat bereid is om hard te werk, maar ongelukkig in my ervaring, wil die meerderheid van ons alles op 'n goue skinkbord hê, maar daardie skippie het ongelukkig lank gelede reeds geseil! Nadat ek alles verloor het – het ek vir nege maande soggens 15 km werk toe gestap om 'n vyfde te verdien van wat ek voorheen werd was. Saans weer dieselfde pad huistoe en alowel ek net 'n druppel in die emmer kon bydrae, was my druppel ten minste in die emmer! Dit het 'n gaatjie toegestop en my 'n bietjie trots en waarde gegee wat op die lang termyn die moeite werd was. Indien jy werklik nie werk kan kry nie, begin iets om geld te verdien m.a.w. lig jou gat en maak 'n plan. Jammer dat ek dit bietjie kras stel, maar dis ongeukkig die enigste manier om jou situasie te verander. Ek weet terloops van twee jong manne wat mense se voertuie op 'n weeklikse basis was en daardeur meer verdien as die gemiddelde kantoor werker. Die aanvraag het in ses maande so gegroei dat hulle vasgestelde kontrakte met maatskappye gesluit het om werknemers se voertuie gedurende werksure te was en vier spanne het wat voltyds werk het. Dit omdat hulle eerlikwaar wou werk en geweier het om eenvoudig op te gee! Ek sê nie almal moet karre begin was nie (alowel dit deesdae 'n fortuin by 'n motorhawe kos), maar vind iets om te doen – gaan verf iemand se huis of diens iemand se kar of verander jou buurvrou se gloei lampe, maar doen net iets! Probeer dit gerus – baie mense (wat myself insluit), bestuur vandag suksesvolle ondernemings wat met niks anders as 'n eenvoudige idee begin het nie! Daar is honderde geleenthede en as jy nie op jou eie kan regkom nie, betrek nog een of twee werklose manne sodat julle iets saam kan begin. Doen net in Hemels naam iets meer as om vir onderhoude te gaan, want as ons eerlik met mekaar is – is jou kanse maar skraal?
Lê waardevolle fondamente – Gaan lees gerus my artikel genaamd "Wat dink jy buurman" om 'n beter idee te kry waarvan ek praat. Ons kinders gaan agterbly wanneer ons aanbeweeg en dit gaan juis dan wees wanneer dit wat jy hulle geleer het, die meeste gaan saak maak (hopenlik 'n verskil ook). Jy het 'n verantwoordelikheid om jou kinders met goeie waardes en beginsels op te voed – doen ten minste dit! Dink vir een oomblik hoe rooi jou gesig gaan wees wanneer jy verantwoording vir jou kinders se opvoeding gaan moet doen. Onthou net dat jou leefstyl, jou gewoontes en jou voorbeeld grotendeels bepaal hoe hulle more gaan optree.
My intensie is en was nooit om voor te gee ek weet meer as iemand anders nie. Ek het baie meer en groter foute in my lewe gemaak as die wat in hierdie artikel genoem word, maar as ek hiermee selfs een persoon kan help om een van my foute te vermy, sal dit genoeg wees.
My pa het altyd gesê ek moet net in sy voetspore loop dan sal ek veilig wees, maar soos enige rebelse kind het ek my eie kop gevolg en dit baie hard gestamp. Hopenlik lees iemand my artikel en vermy juis daardie spore wat ek nie moes los nie…..!
Sterkte
Geskryf deur Jou Buurman
http://www.tspa.co.za/
EUGENE PRINSLOO
Consulting Services
Call/SMS/Whats App 0813166983
BBM 288A44F5
BBM Channel PIN C00493F66
Email eugene@skuld.co.za
Blog www.insolvencysa.blogspot.com
Website www.skuld.co.za
(Under Construction)
I am able to consult on the following matters:
GETTING RID OF DEBT
1) Insolvency applications.
2) Debt assessments.
3) Debt Mediation in terms of the National Credit Act.
4) Removal of debt review, administration orders, and salary attachments/garnish orders.
5) Credit profile clearance.
6) Any matter related to debt or debt collection where you feel you are being harassed or treated unfairly.
7) Tenant rights and eviction advice.
RENTAL MEDIATION
1) Landlord / Tenant Disputes
2) Blacklisting of bad payers
3) Credit Checks
4) Drafting of Agreements
5) Advice
ASSET PROTECTION
1) Trust registrations.
2) Business registrations.
ACQUIRING DEBT
1) Debt consolidation.
2) Buying a property, getting a home loan.
3) Second bonds.
4) Alternative property finance.
5) Advice on secured and unsecured debts. Short term loans.
6) Buying and financing a vehicle.
COLLECTING DEBT
When you are owed money, whether you are a person or business.
1) Debt collection for individuals.
2) Debt collection for business or Commercial debt collection.
3) Black listing or Default listing of debtors.
4) Debtors management.
5) Credit policy audits.
6) Debtor tracing.
CRIMINAL RECORDS
1) Verification of criminal records for employment or private use.
2) Removal of criminal records.
Disclaimer: Eugene Prinsloo cannot be held liable for any investment/legal decisions made based on the advice given by independent financial service providers.
Under the ECT Act and to the fullest extent possible under the applicable law, Eugene Prinsloo disclaims all responsibility or liability for any damages whatsoever resulting from the use of this site/email in any manner.